Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< Die Woord vir Saterdag 23 Augustus 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan.

1 Tessalonisense 4:16

Jesus sê vir Marta: "Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook."

Johannes 11:25

1 Tessalonisense 4 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

13 Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie.
14 Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem.
15 Dit sê ons vir julle op grond van wat die Here gesê het: Ons wat bly lewe tot met die wederkoms van die Here, sal die ontslapenes hoegenaamd nie voor wees nie.
16 Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan;
17 daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees.
18 Troos mekaar dan met hierdie woorde.

Read more...(to top)

Johannes 11 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

22 Maar selfs nou weet ek dat God U alles sal gee wat U van Hom vra."
23 Jesus sê toe vir haar: "Jou broer sal uit die dood opstaan."
24 Maar Marta sê vir Hom: "Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan."
25 Toe sê Jesus vir haar: "Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook;
26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?"
27 "Ja, Here," sê sy vir Hom, "ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom."
28 Nadat sy dit gesê het, het sy haar suster Maria gaan roep en saggies vir haar gesê: "Ons Leermeester is hier, en Hy roep jou."

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

The Lord himself will descend from heaven with a cry of command, with the voice of an archangel, and with the sound of the trumpet of God. And the dead in Christ will rise first.

1 Thessalonians 4:16

Jesus said to Martha, I am the resurrection and the life. Whoever believes in me, though he die, yet shall he live.

John 11:25

1 Tessalonisense 4 (English Standard Version)

13 But we do not want you to be uninformed, brothers, about those who are asleep, that you may not grieve as others do who have no hope.
14 For since we believe that Jesus died and rose again, even so, through Jesus, God will bring with him those who have fallen asleep.
15 For this we declare to you by a word from the Lord, that we who are alive, who are left until the coming of the Lord, will not precede those who have fallen asleep.
16 For the Lord himself will descend from heaven with a cry of command, with the voice of an archangel, and with the sound of the trumpet of God. And the dead in Christ will rise first.
17 Then we who are alive, who are left, will be caught up together with them in the clouds to meet the Lord in the air, and so we will always be with the Lord.
18 Therefore encourage one another with these words.

Read more...(to top)

Johannes 11 (English Standard Version)

22 But even now I know that whatever you ask from God, God will give you.”
23 Jesus said to her,
“Your brother will rise again.”
24 Martha said to him, “I know that he will rise again in the resurrection on the last day.”
25 Jesus said to her,
“I am the resurrection and the life. Whoever believes in me, though he die, yet shall he live,
26 and everyone who lives and believes in me shall never die. Do you believe this?”
27 She said to him, “Yes, Lord; I believe that you are the Christ, the Son of God, who is coming into the world.”
28 When she had said this, she went and called her sister Mary, saying in private, “The Teacher is here and is calling for you.”

Read more...(to top)