Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< Die Woord vir Donderdag 17 Julie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: "Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?" Jesus antwoord hom: "Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer."

Matteus 18:21-22

Vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie.

Lukas 11:4

Matteus 18 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

18 "Dit verseker Ek julle: Wat julle ook al op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat julle ook al op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.
19 Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,
20 want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle."
21 Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: "Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?"
22 Jesus antwoord hom: "Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.
23 Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk word met 'n koning wat besluit het om saam met sy amptenare hulle boeke na te gaan.
24 Toe hy daarmee begin, is een amptenaar na hom toe gebring wat miljoene rand geskuld het.
25 Hy kon dit nie betaal nie, en daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, verkoop en die skuld betaal moet word.

Read more...(to top)

Lukas 11 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: "Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het."
2 En Hy sê vir hulle: "Wanneer julle bid, sê dan: Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom.
3 Gee ons elke dag ons daaglikse brood;
4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie."
5 Verder sê Hy vir hulle: "Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: 'Vriend, leen my bietjie drie brode,
6 want 'n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie.'
7 En die ander antwoord van binne af: 'Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie...'

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Peter said to Jesus, Lord, how often will my brother sin against me, and I forgive him? As many as seven times? Jesus said to him, I do not say to you seven times, but seventy times seven.

Matthew 18:21-22

Forgive us our sins, for we ourselves forgive everyone who is indebted to us.

Luke 11:4

Matteus 18 (English Standard Version)

18 Truly, I say to you, whatever you bind on earth shall be bound in heaven, and whatever you loose on earth shall be loosed in heaven.
19 Again I say to you, if two of you agree on earth about anything they ask, it will be done for them by my Father in heaven.
20 For where two or three are gathered in my name, there am I among them.”
21 Then Peter came up and said to him, “Lord, how often will my brother sin against me, and I forgive him? As many as seven times?”
22 Jesus said to him,
“I do not say to you seven times, but seventy times seven.
23 “Therefore the kingdom of heaven may be compared to a king who wished to settle accounts with his servants.
24 When he began to settle, one was brought to him who owed him ten thousand talents.
25 And since he could not pay, his master ordered him to be sold, with his wife and children and all that he had, and payment to be made.

Read more...(to top)

Lukas 11 (English Standard Version)

1 Now Jesus was praying in a certain place, and when he finished, one of his disciples said to him, “Lord, teach us to pray, as John taught his disciples.”
2 And he said to them,
“When you pray, say:
“Father, hallowed be your name.
Your kingdom come.
3 Give us each day our daily bread,
4 and forgive us our sins,
for we ourselves forgive everyone who is indebted to us.
And lead us not into temptation.”
5 And he said to them,
“Which of you who has a friend will go to him at midnight and say to him, ‘Friend, lend me three loaves,
6 for a friend of mine has arrived on a journey, and I have nothing to set before him’;
7 and he will answer from within, ‘Do not bother me; the door is now shut, and my children are with me in bed. I cannot get up and give you anything’?

Read more...(to top)