Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Donderdag 26 Junie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Hulle het my van jongs af swaar verdruk, maar hulle kon my nie onderkry nie.

Psalm 129:2

In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie.

2 Korintiërs 4:8

Psalm 129 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 'n Pelgrimslied. Hulle het my van jongs af swaar verdruk, dit moet Israel sê,
2 hulle het my van jongs af swaar verdruk, maar hulle kon my nie onderkry nie.
3 Hulle het van my rug 'n ploegland gemaak en daar lang vore op getrek.
4 Die Here is regverdig, Hy het die bande losgesny waarmee die goddeloses my gebind het.
5 Mag almal wat vir Sion haat, self tot niet gaan,

Read more...(to top)

2 Korintiërs 4 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

5 Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus.
6 God wat gesê het: "Laat daar lig skyn uit die duisternis," het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.
7 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie;
9 ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.
10 Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.
11 Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Greatly have they afflicted me from my youth, yet they have not prevailed against me.

Psalm 129:2

We are afflicted in every way, but not crushed; perplexed, but not driven to despair.

2 Corinthians 4:8

Psalm 129 (English Standard Version)

1 “Greatly have they afflicted me from my youth”—
let Israel now say—
2 “Greatly have they afflicted me from my youth,
yet they have not prevailed against me.
3 The plowers plowed upon my back;
they made long their furrows.”
4 The Lord is righteous;
he has cut the cords of the wicked.
5 May all who hate Zion
be put to shame and turned backward!

Read more...(to top)

2 Korintiërs 4 (English Standard Version)

5 For what we proclaim is not ourselves, but Jesus Christ as Lord, with ourselves as your servants for Jesus' sake.
6 For God, who said, “Let light shine out of darkness,” has shone in our hearts to give the light of the knowledge of the glory of God in the face of Jesus Christ.
7 But we have this treasure in jars of clay, to show that the surpassing power belongs to God and not to us.
8 We are afflicted in every way, but not crushed; perplexed, but not driven to despair;
9 persecuted, but not forsaken; struck down, but not destroyed;
10 always carrying in the body the death of Jesus, so that the life of Jesus may also be manifested in our bodies.
11 For we who live are always being given over to death for Jesus' sake, so that the life of Jesus also may be manifested in our mortal flesh.

Read more...(to top)