Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Sondag 13 April 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.

Psalm 34:20

Die bewaarder het 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval.

Handelinge 16:29

Psalm 34 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

17 Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.
18 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.
19 Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.
20 Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.
21 Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige: geen been word gebreek nie.
22 Die kwaad wat die goddelose doen, bewerk sy eie ondergang: vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.
23 Die Here maak sy dienaars vry. Wie by Hom skuil, sal nie as skuldige behandel word nie.

Read more...(to top)

Handelinge 16 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

26 Skielik kom daar 'n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak.
27 Die bewaarder het wakker geskrik, en toe hy die deure van die tronk sien oopstaan, het hy sy swaard uitgetrek om homself om die lewe te bring, want hy het gedink die gevangenes het ontsnap.
28 Maar Paulus het baie hard vir hom geskreeu: "Moenie jouself doodmaak nie! Ons is nog almal hier."
29 Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval.
30 Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: "Menere, wat moet ek doen om gered te word?"
31 Hulle antwoord hom: "Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin."
32 Hulle het toe die woord van die Here aan hom en aan al die mense in sy huis verkondig.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Many are the afflictions of the righteous, but the Lord delivers him out of them all.

Psalm 34:19

The jailer called for lights and rushed in, and trembling with fear he fell down before Paul and Silas.

Acts 16:29

Psalm 34 (English Standard Version)

16 The face of the Lord is against those who do evil,
to cut off the memory of them from the earth.
17 When the righteous cry for help, the Lord hears
and delivers them out of all their troubles.
18 The Lord is near to the brokenhearted
and saves the crushed in spirit.
19 Many are the afflictions of the righteous,
but the Lord delivers him out of them all.
20 He keeps all his bones;
not one of them is broken.
21 Affliction will slay the wicked,
and those who hate the righteous will be condemned.
22 The Lord redeems the life of his servants;
none of those who take refuge in him will be condemned.

Read more...(to top)

Handelinge 16 (English Standard Version)

26 and suddenly there was a great earthquake, so that the foundations of the prison were shaken. And immediately all the doors were opened, and everyone's bonds were unfastened.
27 When the jailer woke and saw that the prison doors were open, he drew his sword and was about to kill himself, supposing that the prisoners had escaped.
28 But Paul cried with a loud voice, “Do not harm yourself, for we are all here.”
29 And the jailer called for lights and rushed in, and trembling with fear he fell down before Paul and Silas.
30 Then he brought them out and said, “Sirs, what must I do to be saved?”
31 And they said, “Believe in the Lord Jesus, and you will be saved, you and your household.”
32 And they spoke the word of the Lord to him and to all who were in his house.

Read more...(to top)